18th September 2010

Die pret en plesier 'rally' het om 9:00 begin op 18 September 2010 by Nikalandershoek, Patensie, Gamtoos Vallei.  

Die pret aktiwiteite op die roete het ingesluit kettie skiet aangebied deur Kouga Local Tourism Organisation;  'Fear Factor' en gholf aangebied deur FNB Patensie;  veerpyltjie gooi na lemoene aangebied deur Patensie Sitrus;  Kudu mis spoeg aangebied deur Eastern Cape Parks & Tourism Agency;  naaste aan die pen gholf aangebied deur Louwrens Kok;  ander stoppunte op die roete was Padlangs, Tolbos & Patensie Buiteklub

Ekstra aktiwiteite aangebied by Nikalandershoek was teikenskiet, blinde wynproe, blinde bierproe en veerpyltjies.  Elke wenner van hierdie aktiwiteite het ook elkeen 'n prys ontvang.

36 voertuie het deelgeneem en elke deelnemer, soos geadverteer, is huis toe met 'n prys.

Baie dankie aan al ons borge:  CBF Motors, Ben van Rensburg Golf School, Big Daddy's Patensie, FNB Patensie, ECPTA, Humansdorp Koop Patensie, Koeltehof Boerdery, Malan Komkommers, Tierhok Tamaties, Miracle Comfrey, Patensie Sitrus, Valleimotors, Waterwiel slaaie, Magna Steel, Bergrivier Akkommodasie, De Mist Cottage, Die Skoolhuis akkommodasie, Foodzone, Gonjah Chalet, Hankey Golf Club, Highlands Chalets, Kudu Kaya, Log View B&B, Nikalandershoek Guest Farm, Padlangs, Patensie Buiteklub, Retadi Guest House, Ripple Hill Hotel, Shumba Manor, Patensie Spar, Tia Ghee tent camp, Tolbos, Trompies drankwinkel, Tropical Eden Villas.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting